Uitskrop

Voor die eerste wagsaal is daar vroeg reeds ʼn ry. Val in en wag, skuifel aan. Iemand kom neem koors in die nek en spuit iets kouds op die hande. Die wagtyd is gemiddeld twee ure, knik die vrou. Wees maar geduldig. Binnekant kronkel ʼn slang van stoele deur die koue kamer. Hier speel die 60-plussers ʼn geluidlose speletjie van aanskuif. Of is dit musical chairs? Nee, als verloop in die gewyde stilte van ʼn biblioteek. Sjjj, dis ernstige sake.

Sit-sit so. Een kilometer per uur. Al nader aan die afspraak met die naald. Vul die vorm in. Mense bekyk mekaar. Party lyk jonk vir hul jare, op en wakker. Ander lyk bra afgerem en verinneweer. Grys baarde en hare steek in klossies by maskers uit. Kieries en boggelruggies. Kyk hoe lyk ons nou.

Dan word die oues bevorder na ʼn tweede saal. Dieselfde slakkepas. So wag die mensdom, gebuig onder sy laste. Ontneem van identiteit en waarneembare persoonlikheid. So wag ons ja, op steil trappies na die hemel. Dis wat jy jou kan verbeel, die verwerking van skepsels op groot skaal. Onkeerbaar vorentoe, na die eindbestemming. Ja, weghol kan ons nie. Elkeen kry sy kans, elk het sy afspraak iewers om die volgende draai. Dis bestem.

Nou sit-sit so ons in ʼn gang, elkeen op sy eie bank. Niemand praat nie. Niemand pink ‘n traan weg nie. Niemand skree om hulp nie. En dan’s dit die derde saal, ʼn miernes waar name en kodes gekontrolleer word. Teken net hier, en jy’s reg vir jou beurt. Rol die mou op en … Was dit die groot oomblik? Nie eens ‘n prik nie. Wag eenkant vir 15 minute, vir ingeval daar ʼn ongewensde reaksie is. Moenie die arm vryf nie, beweeg net die arm. En dis tyd om huistoe te gaan. Mag elke oorgang so pynloos wees. Oor ses weke doen ons dit weer, vir dosis twee.

Heeldag bly die wete, diep ingespuit, dat ons een-een aanskuif, elke dag. Of ons wil of nie.

skropwerf@gmail.com

Uitbundig op straat

Musiek vir die ore. So sal ons die herontwaking wat volg op die grafstilte in grendeltyd onthou.  

Die geluid van ʼn verskeidenheid hondekore en die geesdriftige stemme van vroegoggenddrawwers maak haar wakker. Sy het lanklaas die uitbundige klanke van lewe in haar straat gehoor. Eintlik enige klank. Alles was vyf weke lank grafstil. Die geraas buite in die straat sou haar voorheen grensloos irriteer, maar vanoggend is dit musiek in haar ore.

Die betekenis van musiek, volgens die woordeboek, is ʼn reeks aangename of interessante klanke voortgebring deur instrumente of die menslike stem. (Honde word nie genoem nie.)

Maar dis soveel meer as dit.

Volgens die Griekse mitologie het musiek sy oorsprong gehad by die Muses wat op die berg Olimpus gewoon het. En vanoggend, op Werkersdag, voel dit of al nege Muses haar met hul lieflike, welluidende stemme kom serenade. Apollo lê, siter in die hand en bekroon met die immergroen loof van die sierboom Laurus Nobilis, langs Sad Sack op haar voetenent.

 Die uil in die ysbos deur Susan Coetzee, Human & Rousseau, 2021

SKROP is ‘n aanlyn-publikasie oor goeie boeke, vermaak, kuns en kos.

Wie is ons

Redakteur Johannesburg:
Schalk Schoombie
Redakteur Boeke:
Riana Wilkens
Redakteur Uiteet:
Kobus Burger
Redakteur Vermaak:
Paul Boekkooi
Redakteur Kuns:
Johan Myburg
Redakteur Kaapstad:
Mariana Malan
Webbladontwerp:
Marselé Prinsloo
Kunstenaar:
Alisa Rebel

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Emergency Hotline:
0800 029 999

WhatsApp Support Line:
0600 123456

“I love you.” For a start, we’d better put these words on a high shelf; in a square box behind glass which we have to break with our elbow; in the bank. We shouldn’t leave them lying around the house like a tube of vitamin C. If the words come too easily to hand, we’ll use them without thought: we won’t be able to resist. Oh, we say we won’t, but we will. We’ll get drunk, or lonely, or – likeliest of all, plain damn hopeful, and there are the words gone, used up, grubbied. We think we might be in love and we’re crying out the words to see if they’re appropriate? How can we know what we think till we hear what we say? Come off it, that won’t wash. These are grand words; we must make sure we deserve them. Listen to them again: ‘I love you’. Subject, verb, object: the unadorned, impregnable sentence. The subject is a short word, implying the self-effacement of the lover. The verb is longer but unambiguous, a demonstrative moment as the tongue flicks anxiously away from the palate to release the vowel. The object, like the subject, has no consonants, and is attained by pushing the lips forward as if for a kiss: ‘I love you’. How serious, how weighted, how freighted it sounds.

Parenthesis by Julian Barnes, from A History of the World in 10 and a half chapters, Picador, 1990

However, I’m already starting to wonder if some of my pandemic-era behavioral changes will be stickier. After getting vaccinated, I stopped wearing a mask while walking around my neighborhood. I was following U.S. Centers for Disease Control and Prevention (CDC) guidance, but I couldn’t help but notice a lot of sideways glances from my neighbors. As Jamie Ducharme writes, some of the subtle ways the pandemic has changed us may linger on—leaving “fingerprints,” as she put it, like “germaphobia, wariness of proximity to strangers or increased comfort with solitude.” I’m also particularly concerned about the pandemic’s lingering mental health impact; about four in 10 U.S. adults have reported experiencing symptoms of anxiety and depression over the last year, up from one in 10 before the pandemic, according to a KFF analysis.

Are Pandemic Habits Here to Stay? by Tara Law, Time, The Coronavirus Brief, Friday, June 11, 2021

Lees nog aanhalings

Boeke

Schalk Schoombie resenseer Hilary Mantel se The Mirror & The Light; Riana Wilkens skryf oor kosskrywers en kookboeke wat die siel verryk; Kobus Burger gesels met skrywer P.P. Fourie

Voorstoep

Schalk Schoombie skryf oor vloekende gedigte en gesels met Hertzogpryswenner en digter Johan MyburgMercy Kannemeyer skryf oor Generasie Angstig: Millenniërs

Lees nou
Lees nou

In die begin

Openingsparagrawe

Vermaak

Kobus Burger resenseer die reekse Servant en Calls; Schalk Schoombie resenseer die flieks Minari en Let Them All Talk

Lees nou
Lees nou

Encore

Paul Boekkooi resenseer die tweede van vier KFO-konserte; sy oorsig van die Atterbury Klassiek musiekfees

Kuns

5 vrae aan die Rosendalse kunstenaar, Lein Smuts; Noami Morgan skryf oor Adelheid von Maltitz se uitstalling Site, Materiality and Loss; Johan Myburg skryf oor Willem Boshoff se uitstalling The Blind Alphabet – Letter B: Babery to Bigeminate

Lees nou
Lees nou

Kos

Schalk Schoombie eet by Oppidam in Rosendal, Oos-Vrystaat; Kobus Burger bestel kerrie en samoesas by Curry Up en lekkernye by The Little Deli, Linden; SJA de Villiers se pannekoekresep

Kortstories

Luister nou, aapstert deur Amanda Redelinghuys; Twaalf tulpe deur Anja Roodt; Skryf in vir ons nuwe kortstoriewedstryd en wen boeke vir die winter; Die tema is Saamwees

Lees nou
Lees nou