Uitskrop

Mense en hul boeke – praat nou van ʼn verwikkelde, diep plesierige en aardige verhouding! Daar is gekoesterde, byna heilige boeke wat gelees en herlees word, en Baie Belangrike Boeke wat stof vergader, gedoem tot geslotenheid. Daar is boeke wat impulsief uitgeleen word – “O, jy moet dit lees!” – en helaas nooit teruggegee word nie, tot die ewige spyt van die uitlener.

Daar is boeke wat gelees en dadelik vergeet word, en boeke wat aan tweedehandse boekwinkels en ouetehuise bemaak word. Daar is boeke wat geduldig wag om gelees te word, op bedkassies en boekrakke, in hoopvolle hopies, soms vir dekades lank. So ʼn stapeltjie literêre aspirasie – iemand se tydsame, sielvolle arbeid – kan sporadies lei tot skuldkomplekse: “Vanjaar is die jaar …” War and Peace behoort tot dié hartseer stapeltjie.  (Dikwels is dit geskenke van welmenendes wat dink hulle het jou leessmaak begryp.)

Dan is daar die lieflingboeke van die vormingsjare, ontvang aan moeder se knie, kinderboeke wat die eerste saadjies van ʼn lewenslange liefde gesaai het. Om sulke goue leeservarings te herontdek kan net so vervullend soos die eerste skugter kennismaking wees, selfs in die grys jare. So leer jy gedurig en eindeloos weer lees.

Skryf vandag in op SKROP se gratis weeklikse nuusbrief. Stuur jou versoek na skropwerf@gmail.com

Leeskenners bevestig dit. Behoorlik lees, sê hulle, behels dink en daarom kan spoed nooit ten koste van begrip beklemtoon word nie. Googlelaars raak so verslaaf aan vluglees en loerlees dat hulle selde by iets soos dinklees uitkom. Die afwesigheid van dinklees is die wese van “geletterde armoede”. Dinklees behels die vermoë om in die dieptes van tekste neer te daal, wat jy lees te begryp en om jou leesspoed te kan aanpas soos wat jou begrip dikteer. Soms stadiger wanneer dit moet, en soms vinniger wanneer dit kan. Dinklees is egter nie net beperk tot skolastiese en akademiese werk nie. Dit geld ook by die lees van fiksie, op ten minste drie maniere.

Spitstyd, uitgesoekte rubrieke deur Wilhelm Jordaan, Litera, 2011

So word sy presidentsvrou …

There was no denying it, even if I just had. I did speak differently than some of my relatives, and so did Craig. Our parents had drilled into us the importance of using proper diction, of saying “going” instead of “goin’” and “isn’t” instead of “ain’t.” We were taught to finish off our words. They bought us a dictionary and a full Encyclopaedia Brittanica set, which lived on a shelf of the stairwell to our apartment, its titles etched in gold. Any time we had a question about a word, or a concept, or some piece of history, they directed us toward those books. Dandy, too, was an influence, meticulously correcting our grammar or admonishing us to enunciate our words when we went over for dinner. The idea was we were to transcend, to get ourselves further. They planned for it. They encouraged it. We were expected not just to be smart, but to own our smartness – to inhabit it with pride – and this filtered down to how we spoke.

Becoming by Michelle Obama, Viking, 2018

Lees nog boeiende aanhalings uit nie-fiksie hier …

The eighteenth century is normally represented as a rational century, coherent, a little cold and detached, but this image, bound up with the way in which modern tastes perceive the painting and music of the epoch, is decidedly misleading. In his film Barry Lyndon Stanley Kubrick shrewdly showed how, beneath the frigid and aloof veneer of the Age of Enlightenment, there ran a tumultuous undercurrent of unbridled, violent passions in a world where men and women were as refined as they were cruel. Kubrick sets the unheard-of violence of the duel between father and son in a barn with the architectonic structure of a classic Palladian edifice: this is how, more realistically, we should try to think of and show the eighteenth century.

On Beauty: A History of a Western Idea, edited by Umberto Eco, Secker & Warburg, 2004

Maar sonder dat ek die wetenskaplikes van die toekoms by voorbaat wil onderskat, dink ek nie hulle sal oor die tegnieke beskik om vas te stel dat hulle skelet die eienaar van ʼn kroeg was en dat dit ʼn man met waansinnige idees was nie. Niemand daar sal ooit weet dat Omer eenkeer ʼn wedren vir kaal fietsryers georganiseer het as promosiefoefie vir sy kroeg nie. ʼn Deel van die dorpsbevolking was briesend, nie in die eerste plek omdat kaalryery op ʼn fiets as ʼn aanslag op die goeie sedes beskou word nie, maar omdat die wedren gery is in die afgeleë buurt van die kerkhof. Die priester se invloed was verrassend nog groot genoeg en die simpatie van die polisie vir hierdie projek dermate omvangryk dat die veertien goddelose deelnemers uiteindelik in hulle onderbroeke by die wegspringplek verskyn het. ʼn Kompromis, is dit genoem, die skeiding tussen kerk en staat was nie dikker as ʼn onderbroek nie. My pa het toe verdienstelik tweede gekom onder groot belangstelling van die talryke toeskouers, want hy het wel sterk bene gehad.

Die helaasheid van die dinge deur Dimitri Verhulst, Protea, 2018

Lees nog aanhalings

Boeke

Mariana Malan skryf oor verslawende misdaadfiksie en Jonathan Amid gesels met Réney Warrington

Lees nou

In die begin

Openingsparagrawe

Lees nou

Vermaak

Schalk Schoombie resenseer die reeks Catch-22 en die fliek Can You Ever Forgive Me?

Lees nou

Encore

Paul Boekkooi resenseer Metamorphosis en Philippe Jaroussky se jongste CD

Lees nou

Kuns

Johan Myburg skryf oor Sanell Aggenbach se hartskamers

Lees nou

Kos

Kobus Burger eet by Lola’s, Langstraat 228, Kaapstad

Lees nou

Kortstories

Wenstorie: Die kunstenaar deur Jan Schaafsma; en die naaswenner: Die son trek water deur Marnus Kok

Lees nou