Cloud Atlas

by David Mitchell, Sceptre, 2004

Crossing an old suspension bridge, high above an angry Chuwangsan river, we got out to stretch our legs. Hae-Joo apologized for his pureblood bladder and pissed into the trees a hundred meters below. I watched monochrome parrots roost on the guano-stained chasm face; their flapping and honking reminded me of Boom-Sook Kim and his xec friends. A ravine wound upstream; downstream the river was directed thru leveled hills until disappearing under Ulsöng’s canopy. Airos clustered over the conurb: dots.

Brazil

by John Updike, Penguin, 1995

On the beach, we seem each free, naked and idle and absolute, but in fact no one is free of the costume of circumstance, we are all twigs of one bush or another, and to gain a wife means to lose a brother, “Embrace,” she told the brothers, and told her lover, “We must go.” To Ursula she added, “Keep my gift, if you prefer, and light a candle against our return one night.”

Die lanternswaaier

deur SD Fourie, Protea, 2020

Die maan het agter die wolke verdwyn en die stormwind het met verwoede vaart die smeulende vuur uitmekaar gewaai. Die lantern het teen die duin afgerol. Om hulle was dit stikdonker. Agter op die see kon hulle die rou hulpkrete van mense hoor, afgewissel deur twee kraakgeluide kort na mekaar.

Die verdriet van België

deur Hugo Claus, vertaal deur Daniel Hugo, Protea, 2020

Die volgende dag toon die pastoor die wynkelk en die hostie aan die gemeente, en die gedagte oorval Louis dat in daardie bewerige hand sy liggaam en sy bloed afwesig is. Hy kyk om hom rond, doodbang, ek is besete, iemand moet die duiwel uit my dryf. Uit die glas-in-lood-vensters dwarrel stofdeeltjies wat enige oomblik kan saambondel tot ʼn dik, allesverterende bliksemstraal wat my sal tref, in die plooi tussen my wenkbroue. Enige oomblik gaan die onderpastoor die kelk by die ou man oorneem, kyk die pastoor se hande bewe want my ongeloof sidder deur die kapel, en as die onderpastoor goed mik, sal die kelk wat hy na my slinger, my teen die tande tref, die wyn sal uitklots en oor my gesig spat, ek sal dit kan proe, die bloed van Jesus, dit smaak sout soos drop, ek sal van die druppels insluk, ek gaan verstik en versmoor in die ewige ongenade.

Inteendeel

deur Andre P. Brink, Human & Rousseau, 1993

Om die grense te toets van wat gesê kan word. Om die grense te bevestig van wat reeds gesê is. Om die grense van die self te lewe.

One of Our Thursdays is Missing

by Jasper Fforde, Hodder and Stoughten, 2011

Here in the Book World the protagonists and antagonists, gatekeepers, shape-shifters, heroes, villians, bit-parts, knaves, comedians and goblins were united in that they possessed a clearly defined motive for what they were doing: Entertainment and Enlightenment. As far as any of us could see, no such luxury existed in the unpredictable world of the readers. The Outland was extraordinarily well named … Bradshaws Book World Companion

Somtotaal

deur Anchien Troskie, Human & Rousseau, 2020

Toe haar kinders uit die hospitaalkamer stap, wonder Ester hoekom sy dit juis ná die droom gedoen het. Hoekom nou so na aan haar vyftigste verjaardag? ʼn Ouderdom wat sy nie geglo het sy sal haal nie. Haar familie dra ʼn vloek. Dit is in haar gene, ingebed in haar DNS, om voor vyftig te sterf, hetsy aan natuurlike of onnatuurlike oorsake. Ja-ja, sy is goed bewus daarvan dat ʼn Christen nie aan vloeke en dies meer glo nie, maar jimmel, ʼn mens kan ook nie teen bewyse stry nie, Haar familie sterf deur die bank voor hulle vyftigste jaar.

Draairvivier

deur Engela Ovies, Human & Rousseau, 2020

Tering, dis waarvan hulle praat! Ek wens ek hét tering in die tronk gekry, dan was ek nou dood en het ek nie hierdie vreeslike pyn in my hart gevoel nie. Was Johannes se belofte aan trou net vir toe dit goed gegaan het? Dis dan hoekom hy my nie besoek het nie; hy was te besig om Rosie die hof te maak. Vader van genade, Johanne het van my vergeet.

Die helaasheid van die dinge

deur Dimitri Verhulst, Protea, 2018

Die pad van Reetveerdegem na Scheldewindeke is lank, bowenal lelik, en besaai met drinkplekke. Ons is skaars om die hoek, terwyl ons soos Mongole in ‘n bussie vir my doodgelukkige ouma waai, toe my pa sy plan openbaar maak om hom nog net een keer des moers te suip. Vir die laaste keer. Regtigwaar, die laaste keer en daarna nooit, nooit, nooit weer nie. Suiwer om die simboliese waarde, die ritueel, moet ons elke kroeg tussen Reetveerdegem en Schledewindeke vereer met ʼn besoek, en my ooms beaam die plan. Alle beskawing gaan verlore wanneer die rituele nie meer gerespekteer word nie. My pa se voorstel moet hulle in ʼn sekere sin gerusstel. Want as my pa die insig gekry het dat hy gehelp moet word om die drank te los, dan sal dit binnekort ook van hulle verwag kan word. Daarom doen dit hulle goed om te sien hoe gulsig my pa dié middag sy snoet in die bierskuim druk. Is dit ʼn verligting om die glinstering in sy oë op te merk elke keer as hy die geel vloeistof in sy keel afgooi teen ʼn tempo wat ʼn mens as ‘ʼn sportprestasie sou kon bestempel. Tien kroeë en dubbel soveel biere later lyk dit nie of een van my ooms of my pa nog onthou wat die aanleiding van hierdie uitstappie was nie. Dit is doodgewoon ʼn gesellige Saterdag wat mens deurbring deur van die een kroeg na die volgende te ry. ʼn Soort pelgrimstog. In Den Blauwe Bajou is daar selfs tyd vir ʼn ronde biljant, en êrens in Wetteren is ons so welwillend dat ons die nodige aantal spelers volmaak vir ʼn veerpyltjiewedstryd. Alles soos van ouds.

Quichotte

by Salman Rushdie, Jonathan Cape, 2019

I am new to the human race, he thought, but it seems to me that this species is mistaken, or perhaps deluded, about its own nature. It has become so accustomed to wearing its masks that it has grown blind to what lies beneath. Here in this bus I’m being given a glimpse of reality, which is more fantastic, more dreadful, more to be feared than my poor words can express. Tonight we are a capsule containing evidence of human life and intelligence, sent hurling into the black depths of the universe to tell anyone who might be listening, here we are. This is us. We are the golden record aboard the Voyager, containing memories of the sounds of the Earth. We are the map of the Earth engraved on the Keo spacecraft, the drop of blood in the diamond. We are the Hydra-headed Representative of Planet Three, the many melded into one. Maybe we are the Last Photographs in the time-capsule satellite orbiting the Earth, which, long after we have extinguished the last traces of ourselves, will tell arriving aliens who we once were. We are scary shit.

The Journey to the Dead

by John Updike, from The Afterlife and Other Stories, Albert A. Knopf, 1994

The dying, he marveled, do not seem to inhabit a world much different from ours. His elderly neighbours in this suburb plucked with rakes at the leaves on their lawn, walked their old lame dogs, and talked of this winter’s scheduled trip to Florida as if in death’s very gateway there was nothing to do but keep living, living in the same old rut. They gossiped, they pottered, they watched television. No radical insights heightened their conversation, though Fredericks listened expectantly.

Skoenlapper

deur Irma Venter, Human & Rousseau, 2014

Maar die waarheid het nie altyd ’n stem nodig nie. Soms staan dit net daar sonder dat iemand dit hoef te erken. Stil en seker. En, bo alles, geduldig.

Mother of Pearl

by Melinda Haynes, Pocket Star Books 2001

He knelt then, straightening her clothes while he made little clucking sounds and kissed her knees. He finally left to go find his bottle and I ran across the room and tried to find her face inside all that swelling. She looked down at me and said through those cracked-up lips, “Partial kindness breaks the heart, Jody – don’t you never forget that.”

As jy van moord droom

deur Deborah Steinmair, Lapa, 2020

Het jy al ooit gedroom van moord, gedroom dat jy gemoor het? Droom is moord, agterstevoor. Daar is ʼn omgekeerde wêreld agter die spieël, waar ʼn mens se hand wegbeweeg wegbeweeg van jou gesig wanneer jy aan jou neus wil vat, waar die glas versplinter voordat dit val, waar ʼn mens agteruitloop en waar ʼn mens jou impuls eers registreer wanneer jy reeds daaraan uiting gegee het.

Inteendeel

deur Andre P. Brink, Human & Rousseau, 1993

Ek ken nie meer die name van die plekke waar ek verbykom nie. Al die vroeëre name het nou ontoereikend geword. Ek besit niks. Ek moet hulle van voor af leer ken: nie die name nie, maar die dinge self. Die klipheid van ‘n klip, die koppigheid van ‘n koppie, die doringheid van ‘n doringboom, die stilte van stilte. 

Die verevrou

deur Jan van Tonder, Human & Rousseau, 2019

In die boonste hoek van Candice se een venster is ʼn swaeltjienes. Liora vermoed die swaels het reeds na die noorde gemigreer. Sy sien ʼn paar klein groen voëltjies uitgelate in ʼn hol klip langs ʼn vetplant bad. ʼn Lang, skril fluit laat haar na die koppie agter die huis opkyk, maar sy sien net fynbos en hier en daar ʼn keurtjie of doringboom, met klip en kranse tussenin. Weer die fluit, en nou swaaiende arms teen die blou lug aan die kruin: die bolyf van ʼn mens. Candice.

Lila

by Marilynne Robinson, Virago, 2014 

Sorrow is very real, and loss feels very final to us. Life on earth is difficult and grave, and marvelous. Our experience is fragmentary. Its parts don’t add up. They don’t even belong in the same calculation. Sometimes it is hard to believe they are all parts of one thing. Nothing makes sense until we understand that experience does not accumulate like money, or memory, or like years and frailties. Instead, it is presented to us by a God who is not under any obligation to the past except in His eternal, freely given constancy.