Die Verlore Seun Vannie Gaatjie

deur Ivor Swartz, Lux Verbi, 2020

Die gelykenis wat Jesus in Lukas 15 vertel, die een van die verlore seun, was nog altyd vir my ʼn fassinerende, ʼn na-aan-die-hart en ʼn too-close-to-home storie. Selfs in my dae voor ek ʼn Jesus-volgeling was, het hierdie storie my aangegryp op ʼn manier wat min ander stories kon regkry. Ek het myself daarin gesien nog lank voordat ek geweet het ek is daarin. Ek lees dit steeds oor en oor. Dis soos my go-to-storie om te lees.

Swartskaap

deur Odette Schoeman, Kwela Boeke, 2009

Ek gee die zol vir my boetie terug en kyk hoe hy dit stewig tussen sy duim en wysvinger vasvat voor hy dit na sy mond toe lig. Sy oë is op skrefies en sy wange trek hol terwyl hy die rook diep in sy longe intrek, ʼn rukkie inhou, en dan stadig uitblaas.

Die lanternswaaier

deur SD Fourie, Protea, 2020

“Sophie! Sophie, word wakker!” Sy word traag wakker. Die beddegoed is knus en warm en sy kruip dieper onder die komberse in. Vaagweg, tussen slaap en wakker, hoor sy die wind raas in die melkhoutbome, die reën op die klipstoep neerstort en die veraf gedreun van die donderweer. Sy voel hoe haar voete die grond verlaat. Sy vlieg weer. Lig soos ʼn veertjie dwarrel sy hoër en hoër bokant die plaaswerf, oor die Prampiesberge na die binneland. Swaai oor die blink streep van die Uylenkraalsrivier, oor die hoë duin na die sandstrand van Holbaai. Die seewind roer haar hare, die seesproei ysig teen haar gesig.

Cloud Atlas

by David Mitchell, Sceptre, 2004

Beyond the Indian hamlet, upon a forlorn strand, I happened on a trail of recent foortprints. Through rotting kelp, sea coconuts & bamboo, the tracks led me to their maker, a white man, his towzers and Pea-jacket rolled up, sporting a kempt beard & an outsized Beaver, shovelling & sifting the cindery sand with a tea-spoon so intently that he noticed me only after I had hailed him from ten yards away. Thus it was, I made the acquaintance of Dr. Henry Goose, surgeon to the London nobility. His nationality was no surprise. If there be any eyrie so desolate , or isle so remote one may there resort unchallenged by an Englishman, ‘tis not down on any map I saw.

Aanspreeklikheid

deur Jaco Fouché, Human & Rousseau, 2020

Ek skat ek is aanspreeklik. Dis ʼn lastige vermoede, die soort wat ʼn mens voortydig met verwagtinge van verpligting opsaal, en tog ook die soort gedagte wat nie vreemd behoort te wees vir ʼn vyftigjarige man nie. Met die jare stapel die slegte gevoelens immers op, saam met slegte herinneringe.

Draairivier

deur Engela Ovies, Human & Rousseau, 2020

Tjoef-tjaf, tjoef-tjaf klink my voetstappe op die nat gruis. Ek trek die mus dieper oor my kop sodat my ore heeltemal toe is. Ek is nou spyt ek het die kortpaadjie gevat oor dit korter is.

Atomised

by Michel Houellbecq, Vintage, 2007

The first of July fell on a Wednesday. So although it was a little unusual, Djerzinski organised his leaving drinks for Tuesday evening. Bottles of champagne nestled among containers of frozen embryos in the large Brandt refrigerator usually filled with chemicals.

The Lantern Men

by Elly Griffiths, Quercus,2020

She has been walking for a long time. It’s funny but she hadn’t thought that there was so much space in England. The map, which she printed out in the library at school, seemed to show the youth hostel here, somewhere in this sea of green, but now that she’s walking, in her special shoes with her backpack on, there’s no sign of any buildings anywhere. Her phone is out of battery and she feels very alone. All she can do is keep walking.

The Satanic Verses

by Salman Rushdie, Viking, 1988

To be born again,’ sang Gibreel Farishta tumbling from the heavens. ‘first you have to die. Ho ji! Ho ji! To land upon the bosomy earth, first one needs to fly. Tat-taa! Takathun! How to ever smile again, if first you won’t cry? How to win the darling’s love, mister, without a sigh? Baba, if you want to get born again …’ Just before dawn one winter’s morning, New Year’s Day or thereabouts, two real, full-grown, living men fell from a great height, twenty-nine thousand and two feet, towards the English Channel, without benefit of parachutes or wings, out of a clear sky.

Om ’n mens na te boots

deur Jeanne Goosen, Haum-Literêr, 1975

Ons het die hele nag oor die blou stasiewa gestry. ’n Voertuig was vir ons ’n noodsaaklike skakel  met die buitewêreld en ons het saam besluit om dit aan te skaf. Dit was ’n winskopie en in ’n puik toestand. Maar die stasiewa het ook nuwe probleme gebring. “Sê nou net die wa gaan staan,” roer ek die aand die ding aan wat my nou al bewerig van bekommernis het. “Ons is meer as 30 kilometer van die naaste motorhawe.”

Goeiemôre, mnr. Mandela

deur Zelda la Grange, Penguin, 2014

Ek is op 29 Oktober 1970 in Boksburg, oos van Johannesburg, gebore en ek is nie gelos om te sterf nie, maar om iets goeds van my lewe te maak, soos die meeste babas wat die wêreld binnekom.

Cold Case

deur Alex Eliseev, Pan Macmillan South Africa 2017

The R59 highway out of Johannesburg enters another gentle bend as Conway spots the blue, red and white glow of the Engen 1-Stop petrol station and the dark outline of the Blockhouse watchtower, a lingering ghost from a forgotten battlefield, once used to guard a railway running across the Highveld.

The Boy on the Bridge

deur M.R. Carey, Orbit, 2017

The bucks have all been passed and the arguments thrashed out until they don’t even bleed any more. Finally, after a hundred false starts, the Rosalind Franklin begins her northward journey – from Beacon on the south coast of England all the way to the wilds of the Scottish Highlands. There aren’t many who think she’ll  make it that far, but they wave off with bands and garlands all the same. They cheer the bare possibility.

Die verdriet van België

deur Hugo Claus, vertaal deur Daniel Hugo, Protea 2020

Dondeyne het een van die sewe Verbode Boeke onder sy hemp weggesteek en Louis saamgelok. Hulle sit nou onder die slingerplante van Bernadette Soubirous se grot.

Byleveld, Dossier of a Serial Sleuth

deur Hanlie Retief, Umuzi 2011

Sixteen year old David Sehmel is standing at the roadside in Durban, trying to get away from the Excelsior Place of Safety, from which he has just escaped.

Die verevrou

deur Jan van Tonder, Human & Rousseau, 2019

Liora kyk stip na die lang, reguit gruispad wat deur die woestyn sny, haar hande styf om die toue van die skoppelmaai geklem. In die verte slaan stof op. ʼn Warrelwind? Nee, dit kom te reguit nader, soos ʼn ryding. Laat dit asseblief tog ʼn lorrie wees, een van dié wat oom Moshe altyd naby die kasbah in Algiers gaan huur wanneer sy volstruisvere by die hawe afgelaai word. En laat hom asseblief tog dié keer ʼn bietjie langer as gewoonlik bly, tot sy oor ʼn paar dae sewe word.

Gaan Suid-Afrika oukei wees?

deur Jan-Jan Joubert, Tafelberg, 2019

As politieke joernalis en skrywer kry ek baie vrae van Suid-Afrikaners van alle rasse, samelewingsklasse en tale oor sleutelaspekte van die land se politieke, ekonomiese en samelewingstendense, wat sommige mense as dinamies en ander as kommerwekkend ervaar.

The Fifth Mrs Brink

deur Karina M. Szczurek

8 February 2015
No words. Words.
‘Brakuje nam slow z rozpaczy’ – from Mom and Krystian.
We are missing words out of despair. A literal translation.

 

 

I’ll take you there

deur Joyce Carol Oates

In those days in the early Sixties we were not women yet but girls. This was, without irony, perceived as our advantage.

The Evening of Adam

deur Alice Thomas Ellis, Penguin, 1994

“What I don’t understand,” said Eve, “is how, while one person is – well, say, looking at violets in a hedge, somewhere else another person will undoubtedly be torturing a third person to death. Do you see what I mean?”

Die swart sluier

deur Joan Hambidge, Tafelberg, 1998

Die jaarlikse Welkom-leeskringseminaar is die literêre gebeurtenis van die jaar, weet Sonja Verbeek, voorste kenner van die leeskring as literêre fenomeen. Trouens, haar studie onder Perfidia Pansegrouw het ook opslae gemaak in Pennsylvania, VSA. Die studie, in oorleg met al die verskeie leeskringe in ons Suiderland, het mense in die Noorderland asmede geroer. Die titel heet gepas “Welkom in Welkom” en hier word gelees, en die ekstase van lees word diep beskou.

Bloedsteen

deur Irna van Zyl, Penguin 2020

Speuradjudant Storm van der Merwe se ma val nie per ongeluk onder ’n trein op Londen se Paddington-stasie nie. Sy word gestamp.
Deur ’n kleinerige maer man met ’n donkergrys pet laag oor sy oë, ’n kakiegroen somerbaadjie, swart jeans, bruin skerppuntleerskoene en ’n ligbruin gelaatskleur. ’n Man wat so rats in die middag se gedrang van pendelaars verdwyn dat slegs enkele van die omstanders ’n flerts groen, ’n glimp
van sy pet of ’n skraapsel ink teen sy keel onthou.

Sewe-en-veertig

deur Irma Venter, Human & Rousseau, 2019

Die klank draf deur my onderbewussyn. Dring deur die swart wolk van slaap. Kom staan voor my en skree, skril en aanhoudend, soos daai kaalvoet natneuskinders in Checkers wie se ma’s nie vir hulle lekkergoed wil koop nie.

Die mooiste meisie van Genua

deur Leonard Pfeijffer, Protea, 2019

Die mooiste meisie van Genua werk in die Kroeg met die Spieëls. Sy dra dieselfde netjiese klere as al die meisies wat daar werk. Sy het ook ’n kêrel wat haar-af en toe opsoek terwyl sy werk. Hy het jel in sy hare en dra ‘n T-hemp sonder moue waarop SOHO staan. Hy is ’n poephol. Soms sien ek via die spieëls hoe hulle mekaar skelm soen in die hokkie waar sy die happies vir die aperitief voorberei.

The Mirror & the Light

deur Hilary Mantel, Fourth Estate, 2020

Once the queen’s head is severed, he walks away. A sharp pang of appetite reminds him that it is time for a second breakfast, or perhaps an early dinner. This morning’s circumstances are new and there are no rules to guide us. The witnesses, who have knelt for the passing of the soul, stand up and put on their hats. Under the hats, their faces are stunned.

Die nag ruik na spoed

deur Schalk Schoombie, Protea 2020

Die deurklokkie se pieng laat Jurie Schenken opskrik. Hy is skielik bewus van ’n nuwe teenwoordigheid in die winkel nadat hy oomblikke weggedroom het, sy beaarde hande en waterige grys oë dwalend oor voorwerpe wat hom herinner aan die einde van geskiedenis: sneeukoepels met stadjies en seilskepies in bottels, outydse tydhouers soos wekkers wat mekaar tikkend in die rede val, goue polshorlosies met dowwe gesigte, staanhorlosies met lang wysers, opwenbare speelgoed van geverfde blik soos hasies, paddas en soldate, die swart metronoom wat sy ouma gebruik het om hom te leer klavierspeel.

As jy van moord droom

deur Deborah Steinmair, Lapa 2020

Ek weet nie regtig hoekom ek vir jou wil vertel hoe ons lewe toe verder verloop het nie, Bert. Na jou dood nie. Ons is so doodgewoon, daar is min om te verhaal.

Skag

deur Jaco Wolmarans, Tafelberg, 2020

Die nag word verlig deur ʼn verblindende flits wat die brug skud voor ʼn wit rookwok dit omvou. ʼn Presies berekende lading springstof, met aluminium aangevuur tot ʼn versengende hittegolf, ruk deur die dik staal, verwring dit soos klei en laat die struktuur sissend in die donker water van die Pungwerivier neersyg.

Die tweeling trek saam

deur M.E.R., Tafelberg, 1961

Diepkloof was die naam van die plaas waar Gert en Mina gewoon het. Hulle was die jongste van al die kinders, en was ʼn tweeling; hulle het nie veel na mekaar gelyk nie, maar was ewe groot. Van kleins af was hulle altyd saam, en elkeen het gedink die een kan niks sonder die ander doen nie. Maar nou was hulle al twaalf jaar oud en moes soms apart werk: Mina moes in die huis help, en Gert moes soggens vroeg uit na kraal of veld of waar sy pa of sy ouboet hom gestuur het.

Barkskins

deur Annie Proulx, 4th Estate, 2016

In twilight they passed bloody Tadoussac, Kebec and Trois-Rivieres and near dawn moored at a remote riverbank settlement. Rene Sel, stiff black hair, slanted eyes, yeux brides – in ancient times invading Huns had been at his people – heard someone say “Wobik.” Mosquitoes covered their hands and necks like fur. A man with yellow eyebrows pointed them at a rain-dark house. Mud, rain, biting insects and the odor of willows made the first impression of New France. The second impression was of dark vast forest, inimical wilderness.

The First Stone

deur Elliot Hall, John Murray, 2009

For God so loved the world that He gave His one and only Son, that whoever believes in Him shall not perish but have eternal life,” said Brother Isaiah on TV to his dead body lying on the the bed below. The men leaning over his corpse didn’t hear, and they had they would have regarded the words as prophecy, not irony. I kept my distance and let them squint.

The green road

deur Anne Enright, Vintage, 2015

Later, after Hanna made some cheese on toast, her mother came into the kitchen and filled a hot water bottle from the big kettle on the range.

Splitfoot

deur Samantha Hunt, Corsair, 2016

“Far from here, there’s a church. Inside the church, there’s a box. Inside the box is Judas’s hand.” Nat is slight and striking as a birch branch.

Kontrei

deur Kleinboer, Praag, 2003

(Dit begin in die jaar 1998 as ’n brief aan my tweelingbroer Sarel Sambok.) Jy het met ons geboorte die water voor my gebreek, later eerste van die hoë duikplank afgespring, eerste ’n meisie gesoen, voor my ’n sigaretpakkie se sellofaan afgeskeur.

Innie Shadows

deur Olivia M. Coetzee, Modjadji Books, 2019

Dis Dinsdagoggend, Veronique Plaatjies, of Nique soes almal haa ken, sit by die tafel wat voo haa kamervenster staan. Elke oggend vat sy tyd vi haa self, met ’n koppie koffie, pen en papier. Sy trek dan die gordyne wyd oep om die wêreld van buite te kan sien.

Little Deaths

deur Emma Flint, Picador 2017

On the rare night that she sleeps, she is back in the skin of the woman from before.

Of Motherhood and Melancholia

deur Lou-Marié Kruger, UKZN Press, 2020

‘Feel my hand – they are always wet,’ Wendy Winters says and holds up her hands to me. In the blue blazer of her school uniform (the dress is mustard yellow), she carries a red facecloth, specifically for drying her hands. She seems to know what information I need; I don’t have to ask questions. She does not look me. in the eye, her head is slightly lowered, her shoulders seem tense.

Toorbos

deur Dalene Matthee, Filmweergawe, Tafelberg, 2020

In Oudebrandpad besef sy skielik daar is iewers ʼn olifant in die ruigtes. Naby. Sy weet dit aan die loerie wat hoog in ʼn boom begin sis en gorrel om die olifant te waarsku dat daar ʼn mens met die sleeppad langs kom en hy homself roerloos moet versteek.

Case Histories

by Kate Atkinson, Doubleday, 2004

How lucky were they? A heat wave in the middle of the school holidays, exactly where it belonged. Every morning the sun was up long before they were, making a mockery of the flimsy summer curtains that hung limply at their bedroom windows, a sun already hot and sticky with promise before Olivia even opened her eyes. Olivia, as reliable as a rooster, always the first to wake, so that no one in the house had bothered with an alarm clock since she was born three years ago.

Trauma

deur Patrick McGrath, Bloomsbury, 2008

My mother’s first depressive illness occurred when I was seven years old, and I felt it was my fault. I felt I should have prevented it. This was about a year before my father left us. His name was Fred Weir. In those days he could be generous, amusing, an expansive man – my brother, Walt, plays the role at times – but there were signs, perceptible to me if not to others, when an explosion was imminent. Then the sudden loss of temper, the storming from the room, the slamming door at the end of the hall and the appalled silence afterward. But I could deflect all this, I would play the fool, or be the baby, distract him from the mounting wave of boredom and frustration he must have felt at being trapped within the suffocating domestic atmosphere my mother liked to foster. Later, when she began writing books, she fostered no atmosphere at all other than genteel squalor and heavy drinking and gloom. But by then my father was long gone.

The Mandibles

deur Lionel Shriver

“Don’t use clean water to wash your hands!” Intended as a gentle reminder, the admonishment came out shrill. Florence didn’t want to seem like what her son would call a boomerpoop, but still – the rules of the household were simple. Esteban consistently flouted them. There were ways of establishing that you weren’t under any (somehwat) older woman’s thumb without wasting water. He was such a cripplingly handsome young man that she’d let him get away with almost anything else.

Snap

by Belinda Bauer, Bantam Press 2018

It was so hot in the car that the seats smelled as though they were melting. Jack was in shorts, and every time he moved his legs they sounded like Sellotape.

Killing Commendatore

by Haruki Murakami, Penguin Random House 2017

Today when I awoke from a nap the faceless man was there before me. He was seated on the chair across from the sofa I’d been sleeping on, staring straight at me with a pair of imaginary eyes in a face that wasn’t.

The Japanese lover

by Isabel Allende,Scribner, 2015

When Irinia Bazili began working at Lark House in 2010, she was twenty-three years old but already had few illusions about life. Since the age off fifteen she had drifted from one job, one town, to another. She could not have imagined she would find a perfect niche for herself in that senior residence, or that over the next three years she would come to be as happy as in her childhood, before fate took a hand.

Amatola

deur Piet van Rooyen, Penguin, 2016

Professor Attie Vermaak druk met sy hand op die lessenaarblad en leun vorentoe in die rigting van sy sekretaresse. Hy is ’n lang man, met ’n fier en forse houding. Hy dra vandag ’n netjiese grys pak, met ’n effekleurige das. ’n Geelgevlekte pypsteel steek uit sy bosak, dikker, maar byna so grillerig soos die stert van ’n verdwynende muis.

Die laaste jagtog

deur Dot Serfontein, Protea, 2012

Jeanne lê onrustig en luister na die gesprek by die agterdeur. “Moet ek kom koffie maak, Kosie?” Maar dan is Kosie al by haar in die kamer, voor die geweerkas. Dis helder lig in die vertrek, want buite hang ’n goudgeel maan oor die duine. Die geweerloop blink soos ’n vuurstreep toe hy dit uit die kas haal. Sy spring beangs uit die bed, struikel oor die lakens en gooi haar teen hom vas: “Kosie, jy gaan nie. Jy gaan nié! Jy het belowe jy gaan nie weer op hierdie mal ritte nie.”

Die onaantasbares

deur Steve Hofmeyr, Zebra Press, 2017

Die fris nek van die voormalige bokser, Nkosi Kani, was ’n game changer. Die lus se gapende mond het glinsterend oor sy kop geglip. Wat hy te laat besef het, het hy nie sien kom nie, net gevoel. Op sy slimfoon was hy halfpad deur ’n sin oor hoeveel geld hy gemaak het met Louis The King in die Triple Crown, toe daar ’n fyn vonk voor sy bril verbyflits. Onbedag het hy dit aan ’n weerkaatsing toegeskryf. Dinge wat blink het hom gestimuleer. Die glans van sy iPhone, sy Rolex, sy skoenpunte en die ys in die Old Monk Rum in sy hand.

Die biblioteek aan die einde van die wêreld

deur Etienne van Heerden, Tafelberg, 2019

Aan die einde van die storie wat jy nou begin lees, druk die gety wat van die Oos-Chinese See instoot, Thuli stadig suidwaarts. Sy dryf op die swart water van die Huangpu-rivier wat teen die Bund in Shangai verbyvloei. Haar ledemate is swart en stokkerig uitgesprei.

Liefde uit die stormnag

deur Eleanor Baker, uit Eleanor Baker as Christine le Roux, Keur 5, Human & Rousseau, 2019

Dit sneeu hard. Die stormwind waai die groot vlokke teen die ruite en laat Etienne Joubert kort-kort opkyk. Hy sit en lees aan verslae en is dankbaar vir die warm kamer en die feit dat hy nie vanaand hoef uit te gaan nie. Die weerburo saai al van vroeg af waarskuwings uit: bly van die paaie af; ry net as dit nie anders kan nie. Vroeër, op pad terug van die kantoor af, het dit reeds swaar gesneeu en sy kragtige motor moes sukkel om op die pad te bly. Gelukkig is dit Vrydagaand en is die naweek – die eerste in maande – sonder sosiale verpligtinge. Hybeplan om die luike te grendel, die kaggelvuur hoog te stook en agterstallige werk in te haal. Olivier, die faktotum wat sorg dat die huishouding glad verloop, het reeds sy aandete bedien en is daarna na sy eie woonkwartier, en Etienne geniet die rustigheid, die gevoel van rustigheid terwyl die storm buite woed.

Op reis met ’n hond

deur Anna Kemp, Human & Rousseau, 2010

Net ná agt op ’n Maandagaand in Junie het ek na ’n deurnagwinkel by die Shell-garage gery om sigarette vir myself en roomyse vir my twee kinders te koop. Die garage is minder as ’n kilometer van ons huis af en ek is gewoonlik binne ses minute terug. Ek het geparkeer en in die winkel ingeloop, agtertoe waar die roomyse is. Ek kon nie die Magnum Coffee Break kry wat my seun wou hê nie en het gestaan en wonder wat anders hy sou eet. Uit die hoek van my oog het ek ’n man na my kant toe sien loop van die voorkant van die winkel af. Ek het vlugtig na hom gekyk en toe weer na die roomyse voor my. Hy het steeds doelgerig op my afgeloop en ek het weer opgekyk en gemerk hoe rooi sy oë is. Hy was feitlik teenaan my toe hy sy hand onder sy trui indruk en iets uit sy belt trek. Tot my verbasing sien ek dat dit ’n pistool is en hy druk dit teen my voorkop vas. Ek hoor hoe hy dit oorhaal en hy sê, madam, you must lie down, you are going to sleep tonight.

Dis ek, Anna

deur Elbie Lötter, Tafelberg, 2004

Ek was agt jaar oud toe my ma oom Danie huis toe gebring het. Agt jaar. Vandat ek agt was, tot met sestien jaar, was my lewe … anders. Dis al woord waaraan ek kan dink om my lewe te beskryf. Anders. Daarom sit ek vandag, nou, in my motor, op die pad vir agt uur, sodat ek agt jaar van onreg, van hel kan uitwis. As alles goed gaan, staan ek môreoggend drie-uur voor hulle deur. Drie-uur op ’n weeksoggend in Bloemfontein. Dis goed. Hulle sal nog vas aan die slaap wees. Is dit nie so dat die meeste misdaad in hierdie dooie uur plaasvind nie? Maar voor ek daar kom, voor ek iets kan doen, moet ek dít wat ek so lank onderdruk en uit my geheue gewil het, voor my sien. Dan, wanneer ek die pyn onthou, dit vóél, sal ek die moed hê om te doen wat ek moet. Ek moet dit weer kan sien, ek moet dit kan voel. Soos ek hom gaan sien, soos ek sy vrees gaan ruik.

Desembers

deur Petra Müller, Tafelberg, 2007

Sover ek weet, het ek nog nooit by die waarheid gehou in enigiets wat ek geskryf het nie. Ek is ’n verteller van verhale: iewers neem ’n verhaal sy eie loop en glip onder jou uit, op sy eie koerse. Hy maak sy draaie en miskien kom hy, soos ’n hond wat op jag gegaan het, na jou terug en bring sy prooi saam: die nóg warm liggaam van ’n wese wat jy glad nie herken nie.

Die biblioteek aan die einde van die wêreld

deur Etienne van Heerden, Tafelberg, 2019

Aan die einde van die storie wat jy nou begin lees, druk die gety wat van die Oos-Chinese See instoot, Thuli stadig suidwaarts. Sy dryf op die swart water van die Huangpu-rivier wat teen die Bund in Shanghai verbyvloei. Haar ledemate is swart en stokkerig uitgesprei.