My naam is Prins, ek slaap met die lig aan

deur Christine Barkhuizen-le Roux, Human & Rousseau, 2019

Pa Pietie loop saam met hom terug kamer toe; hy sukkel om te loop, maar sy pa vat hom aan die hand. By die bed help hy hom inklim en draai hom op sy sy. Hy druk die handdoek agter tussen sy boude in voor hy hom toemaak met die kombers. “Moenie dat daar merke op die lakens kom ne!” fluister hy hees. “Dan’s jy môre in die moeilikheid by tannie Susan en die linnetannie. Moenie bekommerd wees nie, als kom nog reg.”

Papierblomme

deur Helena Hugo, Lux Verbi, 2019

Eindelik is jy op pad na die lewe waaroor jy gedroom het; beter, groter, verder van die een wat te arm en eenvoudig was, te gewoon vir jou. Miskien sal jy geluk vind of eendag die see op ʼn vreemde strand sien aanspoel en wens jy kan jou geboortegrond weer terugkry. Jou tas is immers gepak met herinneringe wat jy nie kan agterlaat nie; ʼn silwerarmband, ʼn Bybel vol foto’s en kaartjies, byderhand – ʼn bossie blomme.

Bullet Park

by John Cheever, Jonathan Cape Ltd, 1969

I was born out of wedlock – the son of Franklin Pierce Taylor and Gretchen Shurz Oxencroft, his one-time secretary. I have not met my mother for several years but I can see her now – her gray hair flying and her fierce blue eyes set plainly in her face, like the waterholes in a prairie. She was born in an Indiana quarry town, the fourth and by far the plainest of four daughters. Neither of her parents had more than a high-school education. The hardships and boredom of the provincial Middle West forced them into an uncompromising and nearly liturgical regard for the escape routes of learning. They kept a volume of the complete works of Shakespeare on their parlor table like a sort of mace.

My spook-ontmoeting

deur C.J. Langenhoven, uit Die beste spookstories van C.J. Langenhoven, ʼn keuse deur Danie Botha, Tafelberg, 1992

Hoe lank ek geslaap het, weet ek nie; maar ek skrik wakker met ʼn gevoel dat ek nie meer alleen is nie. Die ligte was albei so dof geword dat ek net rooi garinkies in die lampe sien gloei. In die donkerskemer kon ek uitmaak dat daar iemand op die bank regoor my lê, maar met sy voetekant na my kop-kant toe.

Ludmilla’s Broken English

by DBC Pierre, Faber and Faber, 2006

The sky bruised behind Ludmilla. She arched her back against the wind like a child awaiting trouble, let its tongue lick her clothes flat against her, whip her face with her hair, Underneath, from the vortex of this whipping, and the shadow of her eyes, came a rosy nose-tip of nose, like a drop from a hot candle. A tear ran down it for the warmth of a hot nostril, but blew away sparkling as ice.

Flights

by Olga Tokarczuk, Fitzcarraldo Editions, 2019

Flight from Irkutsk to Moscow. It takes off at 8 a.m. and lands in Moscow at the same time – at eight o’clock on the morning of the same day. It turns out to be right at sunrise, which means the whole flight takes place during dawn. Passengers remain in this same moment, a great peaceful Now, vast as Siberia itself. So there should be time enough for confessions of whole lifetimes. Time elapses inside the plane but doesn’t trickle out of it.

Vloek

deur Rudie van Rensburg, Queillerie, 2019

Wat haar van Bester verras, is dat hy heelwat jonger lyk as wat sy voorsien het. Hy kan nie ʼn jaar ouer as veertig wees nie; wat eenvoudig nie klop met haar somme nie. Volgens Calvyn het Bester hom in sy vyftien jaar by die polisie as ʼn topspeurder gevestig en daarna was hy tien jaar lank ʼn voortvlugtige. Dalk is die man so selfgesentreerd dat hy met sy gesteelde geld ook nog plastiese sjirurgie ondergaan het? Hoewel die kenmerkende tekens van ʼn styfgespande vel nie op sy bruingebrande gesig wys nie.

Exhalation

by Ted Chiang, from Story Notes on Dacey’s Patent Automatic Nanny, Knopf, 2019

The behaviorist psychologist B.F. Skinner designed a special crib for his daughter, and there’s a persistent myth that she grew up psychologically damaged and eventually committed suicide. It’s completely false, she grew up healthy ad happy. On the other hand, consider the psychologist John B. Watson, known as the founder of behaviorism. He advised parents, “When you are tempted to pet your child, remember that mother love is a dangerous instrument,” and he shaped views on child-rearing for the first half of the twentieth century. He believed that his approach was in the best interests of the child, but all his children suffered from depression as adults, with more than one attempting suicide and one succeeding.

Jack Maggs

by Peter Carey, Faber & Faber, 1997

At five years old I could scrub a floor as good as any char. At six I could wash and sort the bones and offal, placing them upon the table in the manner that she liked – a gruesome sight to your gentle eyes I’m sure – but it was nothing for me to arrange the innards in the way she found them useful, and I fancy I had the knowledge of a slaughterman when it came to identifying the otherworldly shapes and colours of the organs of dead beasts.

Zola

deur Johan Jack Smith, Penguin, 2019

Sy laerug begin hom pla. Hy is moeg van die rondtrap in die modder en hy bewe effens van die koue. Plek-plek is hulle kniediep in die water as die grondstrook wegraak, dan kan hy die kragstroom van die water voel. Sy stukkende linkerhand klop. Maar hy het ʼn voorgevoel. Hierdie honde het nie ordentlik beplan nie. Die kanse dat daar ʼn getaway-kar sou wag vir hulle is skraal. Hulle moet nog te voet wees. En die spruit is ʼn goeie opsie. Solank hulle nie op ʼn stadium regs draai en oor die gholfbaan se heining klim nie. Hy bid dat hulle hier is. Vandag skiet hy hulle almal vrek. Die gedagte maak hom meer vasberade.

Die Dao van Daan van der Walt

deur Lodewyk G. du Plessis, Tafelberg, 2018

’n Mens noem nooit ʼn kind op haar regte naam nie, sê Jan-Willem. ʼn Bynaam verwar bose geeste as hulle ʼn kind vir die onderwêreld kom steel. As ons dit geweet het, Magrieta, kon ons dalk vir Andries ʼn bynaampie gegee het.

Lila

by Marilynne Robinson, Virago, 2014

Sorrow is very real, and loss feels very final to us. Life on earth is difficult and grave, and marvelous. Our experience is fragmentary. Its parts don’t add up. They don’t even belong in the same calculation. Sometimes it is hard to believe they are all parts of one thing. Nothing makes sense until we understand that experience does not accumulate like money, or memory, or like years and frailties. Instead, it is presented to us by a God who is not under any obligation to the past except in His eternal, freely given constancy.

Klikbek

deur Sidney Gilroy, Human & Rousseau, 2019

Tillman sal byvoorbeeld nie sy tweerigtingradio antwoord nie. Vir ure aaneen verdwyn hy. Sy kan nie na hom gaan soek nie, want Lente is nog ʼn pap baba. Dan kraak die radio uiteindelik en kan sy ontspan en weer aangaan. Sy verval in die gemaklike koma wat die eentonigheid van haar dagtake op Onverwacht bied: tel sy vuil sokkies en nat onderbroek van die badkamervloer op, berei die middagete (bobotie op Woensdae, skenkels en pampoen op Vrydae), sorg vir die gesangeboek en kollektegeld in sy hempsak op Sondae. Maar die agterdog bly. Eers is dit net ʼn krieweling, later brand die onsekerheid en twyfel soos suur in haar maag.

Dawid

deur Abraham H. De Vries uit sy bundel kortverhale, Tot verhaal kom, Human & Rousseau, 2003

Toe die pastoor my vra om ʼn paar woorde te sê, het ek, omdat my gemoed my in die steek wou laat, begin vertel van ons jeug. ʼn Paar van die jong kerkraadslede het afgekyk grond toe. Ek het geweet wat hulle dink. Die boere se plaasromantiek, mooi stories wat hul onmenslikheid moet goedpraat. Die “ek en my bruin vriend”-stories wat onreg en leuens bedek. Die verheerliking van ʼn slawetyd, het een van my studente dit eenmaal genoem. “Dawid het op sy sterfbed nog van die Oubaas en die Oumies gepraat,” het sy vrou voor die diens vir my gesê. Wat het ék ooit gedoen om hom te help?

Hond se gedagte

deur Kerneels Breytenbach, Human & Rousseau, 2019

Funky DD lê in sy huis in Morningside en nadink oor Die Lewe. Syne is nie so goor nie. Slaap nou wel elke aand in ʼn ander huis, een van sy sewe, maar dis die prys wat mens betaal as jy buite sig wil bly. Geen patrone nie. Buiten die een in sy gedagtes: Wat gaan hy doen as Jaap en Krystle die dag nie meer met hul dinge besig is nie? ʼn Zat gedagte. Hulle het soveel projekte waarby hy betrek is. Krystle se gun for hire. Jaap het ʼn bietjie begin verdwaal in sy eie kop – mens gaan nie tot voor die drempel van negentig en dink jy is nog so helder soos ʼn maagd voor die eerste penetrasie nie. Krystle is die woelwater. As SARS geweet het dat sy veel meer geld onder die radar maak as wat vir hulle sigbaar is, sou hulle haar onmiddellik ingeroep het vir ʼn gesprek. Dis Funky DD wat dubbel seker maak dat niemand van Krystle se newebedrywe weet nie. Geen prys is te hoog om te betaal nie, sê sy altyd. Die hoogste, natuurlik, is die lewe self. Dit kom die fokkers gewoonlik té laat agter. Wanneer Funky DD sy dans dans. Het dit dalk tyd geword vir ʼn nuwe tune?