Die kind uit die wingerd

deur Helene de Kock, Human & Rousseau, 2019

Dit was 1918 se herfs. Tog voel dit soos gister. Daardie okergeel middag toe Carijn die seuntjie deur die wingerd sien aankom. Luiters loop hy, asof hy dit elke dag doen. Arms swaaiend soos wat hy stap. Toe sien hy haar ook. Loop stadiger, meer stokkerig, of hy al hoe verder al hoe banger word.

Conjunction

by John Updike from The Afterlife, Alfred A. Knopf, 1994

Geoffrey Parrish, approaching 60, has long enjoyed an uneasy relationship with the stars. In childhood, when we assume the world to have been elaborately arrayed for our own benefit, with a virtual eternity allowed for inspection of its many large and mysterious parts, he had taken the stars, like the clouds overhead, for granted. His mother knew the Big Dipper and Orion, and on a summer evening might point out, in a voice of unaccountable excitement, Venus – a white shining puncture in the shining blue that was deepening above the gory sunset. For a moment or two at night, he might become aware, as a skater is suddenly aware of the dark water he skims across, of the speckled heavens, a dust of distant worlds, between the massy silhouettes of the black treetops. But in his back yard, where such revelations would find him, he was generally intent upon catching fireflies or feeling the throb of his breath or heartbeat as he ran, late for his bedtime, toward the tall lit windows of the house.

Die kinders van spookwerwe

deur Lize Albertyn-du Toit, Human & Rousseau, 2019

Die son skroei nou al dae lank die Bo-Karoo. Dis net ná Kersfees, en die hittegolf wil nie skietgee nie. Die waters moet elke dag nagegaan word. Milano is al elf jaar oud en ʼn groot hulp die vakansie. Die môrester skyn nog helder in die ooste wanneer sy pa hom soggens wakker maak.

Vel

deur Azille Coetzee, Tafelberg 2019

Dis nog ’n Vrydagaand in Amsterdam. Ek sit in my gunstelingkroeg, Festina Lente, op die Prinsengracht. Buite is dit yskoud, pikdonker en papnat, maar binne, met die swaar fluweelgordyne, die verhitting en al die asems en lywe, is dit heerlik gesellig.

Gedeeltelik bewolk

deur Ruan Kemp, Tafelberg, 2019

Die noen is verstikkend, wit, nie ʼn wolk in sig nie, net ʼn son soos ʼn stok in jou oog, en ʼn swart kolletjie op die lens, ʼn voël wat in die oostewind dwarrel. Die oostewind bring gerugte, skindernuus uit verafgeleë plekke, fluister in die langgras. Goggas gil in die takke. Die binnekant van ʼn kasset, vasgedraai in ʼn doringbos, losgetorring in die wind, blink in die son. Nat derms. Later, wanneer die trok met die gevaarlike vrag verby is, gaan die jakkalse kom snuffel. Die drywer van die trok met die gevaarlike vrag weet niks van die oostewind se gerugte nie. Die ruit is toegedraai, en die man snork. Die trokdrywer skakel die radio aan. “Noord-Kaap: Mooi weer en warm, maar gedeeltelik bewolk in die ooste,” sê die radio. Skakel die radio af. Tussen die drywer se bene ʼn fles koffie, lou maar gerusstellend, die hand van ʼn vrou. Agter hom die man wat snork. Die drywer laai nie gewoonlik duimgooiers op nie, dis teen die reëls, maar die man was wit en gehawend.

Vervleg

deur Petro Hansen, Protea 2019

Nou een Sondagoggend in die kerk op my Bosvelddorp sit ’n tannie met ’n hoed in die ry voor my. Die verespeld aan die kant van die hoed lyk nog groter wanneer die lugversorger hom beetkry, en dit versper my uitsig op die dominee op sy preekstoel. Terwyl hy die aankondings doen, dwaal my gedagtes af.

Tebatso gaan see toe

deur Maya Fowler, Protea 2018

Die lug ruik nog soet van die oggendpienk wat die nag sy inkkombers laat oprol. Net die doudruppels klou, traag om te aanvaar nog ’n dag is op hulle.

Die helaasheid van die dinge

deur Dimitri Verhulst, vertaal deur Daniel Hugo, Protea 2018

Die gerugte van tant Rosie se terugkeer na Reetveerdegem word as ’n aangename skok ervaar in die lewens van ons heeltemal nuttelose mans, van wie ek op daardie tydstip een in wording is. ’n Nuwe dag breek aan met haar naam: Rosie! Rosie! En dit bring hoop. Want iemand het teruggekom! Iemand wat hier gebore is en hierdie plek verlaat het, het teruggekom! En nogal tante Rosie. Haar terugkeer word as ’n Ou-Testamentiese teken geïnterpreteer, ’n bewys dat Reetveerdegem nie so sleg is nie, en ons nie so waardeloos soos wiskundig bewys kan word nie.

In ’n land sonder voëls

deur Harry Kalmer, Penguin 2019

Ek is nou al agtien maande hier. Dalk is dit tyd om my kant van die storie te vertel. Watter jaar sou dit gewees het? As ons nog in die ou tyd was.

Van Manenberg, met liefde

Mike Michaels, Protea, 2014

Sondagaand. Die skakelhuis se ou skuifraamvensters rammel in die wind. Reën ruis op die sinkdak. Op sy enkelbed in sy kamer lê Jay en lees Michael Connely se City of Bones, kussing onder die kop. Hy is saam met speurder Harry Bosch van die Los Angeles Polisiedepartement in Hollywood waar die vlak graf van ’n twaalfjarige seun in die heuwels ontdek is, ’n seun wat twintig jaar gelede vermoor is. Dis ’n cold case. Jay leef hom in Harry Bosch se ondersoek in en is baie ver van Manenberg toe die voordeurklokkie lui.

The story of South African theatre

by Jill Fletcher, Vlaeberg, 1994

Theatre is entertainment. It grows out of the need of humble people to express themselves, often in a gross but always a lively manner, and as it works its way up through society it becomes more sophisticated, and finally professional.

Dag van die reuse

deur Pieter Pieterse, Haum Literêr

Die nag is donker. By Marhumbini bulk ’n hiëna vraend. Hy kom tussen die kort mopaniebosse, wat reeds weer die ou landerye begin inneem, uitgestap en staar met lewelose oë na die ou murasies wat soos donker hompe op die rooi, stofgetrapte vlaktetjie uitstaan. Hy het kom kos soek, maar hier is niks meer om te aas nie. Die natuur het klaar skoongemaak.

Die Hel

deur Dante Alighieri, verklarende byskrifte Delamaine du Toit, Zebra, 1990

Nel mezzo del cammin di nostra vita: Dante se denkbeeldige reis deur die doderyk (skimmeryk, hiernamaals) begin op die dag voor Goeie Vrydag in die jaar 1300. Hy is nou 35 jaar oud en halfpad op sy lewenspad. In sy Convivio sê Dante dat ’n mens se lewe soos ’n boog verloop en dat die hoogste punt van die boog tussen die dertigste en veertigste jaar lê. Psalm 90 vers 10: “Die dae van ons jare – daarin is sewentig jaar …” Die jaar 1300 is ook die besondere jaar wat deur pous Bonifazius as ’n “Heilige Jaar” of “Jubileum” verklaar is. Dante se reis vind dus plaas gedurende die “Heilige Week” van die “Heilige Jaar”.

Het Diner

Herman Koch, Anthos, 2009

We gingen eten in het restaurant. Ik ga niet zeggen welk restaurant, want dan zit het er de volgende keer waarschijnlik vol  met mensen die komen kijken of wij er ook weer zitten. Serge had gereserveerd. Dat doet hij altijd, reserveren. Het restaurant is er zo een van het soort waar je drie maanden van tevoren moet bellen – of zes, of acht, ik ben inmiddels de tel kwijt. Zelf wil ik nooit drie maanden van tevoren weten waar ik op een bepaalde avond ga eten, maar kennelijk zijn er mensen die daar totaal geen moeite mee hebben.

The Zulus of New York

by Zakes Mda, Umuzi, 2019

The Wild Zulu. That’s what the banner says. Crowds line up at Longacre Square to pay their admission fee into an arena encompassed by bales of hay. Some are already sitting on the bales that are randomly placed on the ground, while others are massing in front of an iron cage.

Stoffel by die afdraaipad

deur Christiaan Bakkes, H&R, 2004

Die Aaprivier kronkel oor die Beesvlakte. Die Beesvlakte se naam kan nie méér beskrywend wees nie. Dis ’n wye vlakte waar groot troppe Hererobeeste die aarde tot poeier vertrap. Laatmiddag slaan die stofdampe hoog op soos die beeste terugloop na die boorgatwaters van die nedersettings by Omuramba, Kowares en De Wet.

Die boek van gelukkige eindes

deur Debbie Loots, Queillerie, 2019

Dit het haar tyd gekos, moeite, maar sy’s hier.
Sy sit agter die stuurwiel van haar pa se oranje 1976 Ford Cortina – sonder lugreëling, die vensters tot heel onder oopgedraai – voor ’n 7-Eleven in ’n nou straat in Kaapstad. Agter die winkel se groen sinkdak toring Tafelberg se lang, plat rug uit. Sy herken dit, Tafelberg lyk nog altyd vir haar soos ’n groot mynhoop iewers op die Rand; alhoewel die deinserige lug dáár alles meestal uit fokus uit laat lyk. In Kaapstad is alles helder, asof goed met ’n tuinslang afgespuit is. Sy kan selfs groen botseltjies bome teen die berghange tussen die kronkelende voetpaadjies uitmaak. Dit laat haar oë pyn, so mooi is dit. Haar ma sou sê sy’s ook niks gewoond nie.